Helpende Hand verbly Kosmos Kriel Kinderhuis se kinderharte
Solidariteit Helpende Hand se plaaslike tak het in Augustus ’n projek geloods en skryfbehoeftes aan die kinders by die Kosmos Kriel Kinderhuis geskenk.
Solidariteit Helpende Hand se plaaslike tak het in Augustus ’n projek geloods en skryfbehoeftes aan die kinders by die Kosmos Kriel Kinderhuis geskenk.
Kinders moes dan dié skryfbehoeftes gebruik om briefies aan Kersvader te skryf oor wat hulle wil hê vir Kersfees.
Helpende Hand het dié briefies ‘n week later gaan haal en die publiek kon dié briefies by Helpende Hand gaan haal en vir die kinders geskenke koop.
Lede van Helpende Hand het Saterdag die geskenke gaan aflaai en vir die 89 kinders ’n Kerspartytjie aangebied.
Kinders het dit terdeë geniet met Kersvader wat self daar was om die geskenke uit te deel. Daar was springkastele, waterglybane en Helpende Hand het vir die kinders speelgeld gegee waarmee hulle self vir hulle lekkergoed en kos kon gaan koop.
Helpende Hand het die stalletjies van lekkergoed en kos beman en hulle tweedehandse klerewinkel, Ons Winkel wat op Secunda geleë is, het ook dié dag hul klere daar gaan uitstal en die kinders het weer eens met speelgeld vir hulle klere gaan koop.
Lees die volledige artikel in die Ridge Times koerant op ons webtuiste hier.




