Beplande mynprojek, Canyon Coal veroorsaak groot bekommernis vir Bethallers
Nadat klem op hoe dit die natuur gaan vernietig gelê word en watse risiko die pad gaan wees, word dit versag en alles word afgemaak asof dit nie eintlik so ernstig is nie. Dit blyk asof hulle ’n krokkodil na ’n akkadis wil laat lyk.
“Indien hulle voortgaan om te myn, beteken dit dat die wetgewing ons gefaal het om ons te beskerm.”
So het een van die boere gesê nadat hulle ingelig is dat Canyon Coal nie gestuit gaan word nie, nieteenstaande die volgende inligting:
– Mense se lewens kan in gevaar gestel word.
– Water kan onbruikbaar besoedel word.
– Watervlakke kan drasties daal.
– Die natuur gaan onherstelbaar vernietig word.
Landerye wat steeds gebruik word om te plant, sal ook totaal venietig word.
Canyon Coal beplan om op plase naby Bethal te myn, wat met skietwerk gepaardgaan.
Die Witfonteinmynprojek word rondom en naby Piekspruit beplan.
Piekspruit voer die Olifantsrivier wat water aan baie dorpe voorsien.
Lees die volledige artikel in die Ridge Times koerant op ons webtuiste hier.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder
“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.






