Local newsNews

Help Susan om vermoorde seun te begrawe

Die goedkoopste begrafnis of verassingsdiens wat sy kan kry, kos bykans R6 000, maar me. Deysel het nie geld nie.

Die Ridge Times het vandeesweek berig oor me. Susan Deysel wat haar seun, mnr. Jan Kruger (46), op 4 November aan die dood afgestaan het.

Lees die artikel hier: Man vermoor in Bethal Gevangenis, bewaarders sê hy is verwurg

Mnr. Kruger se liggaam is die oggend in sy sel in Bethal Gevangenis gevind.

Me. Deysel sukkel steeds om antwoorde te kry oor wat presies met haar seun gebeur het en sy vermoed hy is vermoor.

Sy het eers gedink die staat is verantwoordelik vir sy begrafnis omdat hy in die gevangenis dood is, maar sy het intussen verneem sy sal self vir dit moet betaal.

Die goedkoopste begrafnis of verassingsdiens wat sy kan kry, kos bykans R6 000, maar me. Deysel het nie geld nie.

Sy en haar seun het in ’n woonwa by mense op Charl Cilliers gebly voordat hy in hegtenis geneem en tronk toe is.

Hy is vir diefstal gevang nadat hy die mense by wie hulle gewoon het, se besittings gesteel het om geld te kry vir dwelms.

As jy me. Deysel wil help en ’n bydrae wil maak, skakel haar by 076 901 4430.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder

“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button