Ongeluk kry kapelaan van Secunda Polisie nie onder nie
Kapt. Johan Smit is op herstelpad.
Kapt. Johan Smit, kapelaan van Secunda Polisie, se been herstel steeds nadat hy op 25 April in ’n ongeluk was.
Hy het ’n bees op die pad naby Greylingstad raakgery.
“Toe ek die bees getref het, het die bakkie van die pad afgegaan en ses keer gerol.
“Ek het toe die bakkie die eerste en tweede keer gerol het, nog aan die stuurwiel vasgegryp, maar naderhand het ek beheer verloor.
“Dit het so vinnig gebeur, binne sekondes, maar ek het tydens die ongeluk vir die Here gesê, dankie ek is oppad na Hom toe.
“Die bakkie het tot stilstand gekom en ek het vloeistof gehoor loop, soos ’n stroompie en petrol geruik en besluit ek lewe nog en gaan nie doodbrand nie.
“Ek het probeer opstaan, maar agtergekom daar is iets fout met my regterbeen.
“Dit was al donker en ek kon niks sien nie, want my bril was weg.
“Ek het wind gevoel en gevoel die bakkie se voorruit is weg.
“Ek het uit die bakkie gekruip en so drie tree verder gaan lê en gedink ek sal nou maar hier lê en doodgaan.”
’n Man en twee vroue het egter op die toneel aangekom en gevra of kapt. Smit ‘okay’ is.
Hulle het ’n lap onder sy kop gesit en hom geskuif sodat die wond op sy been uit die modder en vuilgoed is.
Lees die volledige artikel in die Ridge Times koerant op ons webtuiste hier.


Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder
“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.



