Local newsNews

Talentaand se sukses help twee ouetehuise, Silwerjare en Palmoord Residentia

Hulle het R80 000 ingesamel en elke ouetehuis gaan R40 000 ontvang.

Weldoeners in Bethale het ’n groot talentaand gereël ten bate van die twee ouetehuise, Silwerjare en Palmoord Residentia, op die dorp.

Dit is onder leiding van me. Dolores Nel, me. Lettie Olivier en me. Ingrid Human gereël.

Hulle het R80 000 ingesamel en elke ouetehuis gaan R40 000 ontvang.

Palmoord se glassaal was Donderdag, 26 Oktober volgepak.

Die aand was ’n groot sukses en almal het die vermaaklikheid geniet.

Altesaam 280 mense het die funksie bygewoon by wyn en kerslig.

Van die beste kunstenaars op die dorp en van die omgewing het opgetree, onder andere Tanya du Plooy, Mylene Jansen van Rensburg en Marisa Joubert.

Me. Human het gesê: “Ons het selfs ’n mannekoor gehad wat deelgeneem het.

“Die mense het dit baie geniet en het verstom gestaan oor al die goeie talent op die dorp.

“Baie dankie aan al die donateurs uit die gemeenskap wat dit vir ons moontlik gemaak om die bedrag aan elke ouetehuis te kan skenk.”

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder

“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button