Local newsNews

Boere slaan hand aan die ploeg om ander in droogtegeteisterde gebiede by te staan

Dié boere was dit eens dat dit ’n gesamentlike gemeenskapsprojek was.

‘n Groep boere het op 23 November vanaf verskeie plekke in die omgewing vertrek en bale en voer vir boere op Aberdeen in die Oos-Kaap geneem.

Dié boere was dit eens dat dit ‘n gesamentlike gemeenskapsprojek was.

Boere en vragmotoreienaars van Leandra, Bethal, Val, Standerton, Lothair, Betlehem, Johannesburg, Wesselsbron en omliggende dorpe het aan dié projek deelgeneem.

Altesaam 22 vragmotors het die lang pad aangedurf.

Ses ander vragmotors, wat nie in die konvooi gery het nie, het ook voer na die Kaap geneem.

Die boere en eienaars van vragmotors het ander in die gemeenskap aangemoedig en uitgedaag om ook betrokke te raak en hul hande na boere in nood uit te reik.

“Elkeen moet eintlik so iets beleef om te sien wat swaarkry en ellende werklik is,” het een van die boere gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button