Local newsNews

Secunda-gesin bewaarheid drie wense van ‘n Jim van Tonderskool-leerder

Me. Lynnette Braack en haar gesin het Andey Wrigley, ’n gr. 10-leerder van Jim van Tonderskool, se drome help waar maak.

Me. Lynnette Braack en haar gesin het Andey Wrigley, ’n gr. 10-leerder van Jim van Tonderskool, se drome vanjaar bewaarheid.

Andey se grootste wens was om by ’n diere-organisasie betrokke te raak waar hy gereeld met diere kon werk.

Me. Braack het mnr. Louis en me. Sonja Kempen van die nie-winsgewende diere-organisasie Little Paws Big Hearts, geskakel en gevra of Andey daar kon betrokke raak.

Andey se tweede wens was om in ’n renmotor by sy skool se afskeid op te daag en me. Braack het haar broer, mnr. Wouter Havenga, rekordhouer en 2010 nasionale versnelrenkampioen, se hulp ingeroep.

Mnr. Havenga het gesorg dat Andey in ’n Cobra by sy skool se afskeid opdaag.

Me. Braack het Andey se derde wens, om in ’n vliegtuig te vlieg, ook waar gemaak toe sy weer eens haar broer se hulp ingeroep het.

Hy het met mnr. Julius Schwartz gereël om Andey vir ’n rit vanaf Secunda Vliegveld oor Secunda en Trichardtsfonteindam te neem.

Lees die volledige artikel in die Echo koerant op ons webtuiste hier.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder

“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

Andey Wrigley by die sportmotor waarmee hy na Jim van Tonderskool se afskeid in Oktober gegaan het.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button