Elsa geniet House of Mercy-projek wat eMbalenhle-vroue oplei in lewensvaardighede
Projek voedook daagliks 70 behoeftige kinders.
Me. Elsa Blom is sedert die begin van House of Mercy by dié projek betrokke.
Die destydse CMR het ’n behoefte in die omgewing geïdentifiseer en kerke genader en voorgestel dat hulle só ’n projek begin.
Dit is in 2000 op die been gebring en vier kerke, die Kruik Kerk, die Rondekerk, die N.G. Kerk Oosgemeente en die Apostolic Church op eMbalenhle insluit, dryf die House of Mercy-projek.
Dié projek het verskeie bene en behalwe om kos te gee, bied hulle ook geestelike lesse aan behoeftige kinders op eMbalenhle aan en lei vroue op in lewensvaardighede.
Hulle leer dié vroue ook hoe om naaldwerk te doen en hulle kan sodoende hul naaldwerkitems verkoop en hul eie inkomste genereer.
Lees die volledige artikel in die Echo koerant op ons webtuiste hier.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder
“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.



