Tutela baat by vyfde Pastoriemark op Bethal
Net soos verlede jaar, is daar besluit om geld aan die Christelike Maatskaplike Raad, nou bekend as Tutela Gesinsorg, te skenk.
Die vyfde Pastoriemark is vanjaar vanaf 28 November tot 1 Desember op Bethal aangebied.
Mense van oral het na dié mark gestroom.
Net soos verlede jaar, is daar besluit om geld aan die Christelike Maatskaplike Raad, nou bekend as Tutela Gesinsorg, te skenk.
Tutela Gesinsorg wend geld aan vir evaluering, forensiese assessering, terapie en gespesialiseerde hulp.
Dit is vir kinders van die omgewing wat in moeilike omstandighede woon, onder andere weens psigiatriese probleme, seksuele misbruik en egskeidings.
Gesinne kan ook vir interaksionele analises gestuur word om as pleegouers aangestel te word.
Die mark is aangebied deur die N.G. Kerk Oosgemeente waar die saal, klaskamers, asook die vierkant ingespan is om uitstallers te huisves.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder
“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.



