Local newsNews
10 wenke om jou en jou gesin te beveilig gedurende ’n tornado
Wanneer tornado's tref, kan behoorlike skuiling die verskil tussen lewe en dood beteken.
Wanneer tornado’s tref, kan behoorlike skuiling die verskil tussen lewe en dood beteken.

- Die beste skuiling teen ’n tornado is ‘n kelder of stormkelder. Indien daar nie een beskikbaar is nie, gaan na ‘n binnekamer sonder vensters op die laagste vlak van die gebou waarin jy is.
- Bedek jouself met iets soos kussings, ‘n matras of komberse.
- Plaas soveel mure tussen jou en die storm buite as moontlik.
- Indien jy met vakansie is, neem kennis dat woonwaens uiters onveilig is tydens ‘n tornado. Soek skuiling elders, indien moontlik.
- Vermy vensters. Ten spyte van algemene oortuiging, het die oopmaak van vensters om druk in vertrekke te verminder, geen effek in die vermindering van skade tydens ‘n tornado nie.
- Wees bewus van die provinsies, stede en dorpe wat naby jou is. Dit sal makliker wees om die tornado se rigting te volg as jy bekend is met die geografie van jou omgewing.
- As jy in ‘n voertuig is, klim dadelik uit en gaan na die onderste vloer van ‘n stewige, nabygeleë gebou of ‘n stormskuiling. As daar nie ‘n gebou naby is nie, lê plat in ‘n sloot en bedek jou kop met jou hande.
- Moenie onder ‘n onderbrug of brug skuil nie. Dit is nie veilig nie, aangesien jy aan vlieënde voorwerpe blootgestel kan word.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



