Hoëveld-boere wil weer voer na Oos-Kaap neem
Ondersteun plaaslike boere se projek deur brandstof te skenk.
Hoewel ’n groep plaaslike boere en vragmotoreienaars op 23 November altesaam 22 vragmotors met voer na Aberdeen in die Oos-Kaap gestuur het, kort dié boere steeds voer.
Die groep boere van Leandra, Bethal, Val, Standerton, Lothair, Betlehem, Johannesburg, Wesselsbron en omliggende dorpe, beplan om aan te gaan met die projek en wil op 19, 20 en 21 Desember weer voer afstuur.
Hulle het reeds sowat 35 vragmotors beskikbaar, maar wil soveel as moontlik voer na die Oos-Kaap neem.
https://www.citizen.co.za/ridge-times/104075/plaaslike-boere-stuur-28-vragmotors-met-voer/
Hulle het die gemeenskappe, ander boere, sakelui en veral vragmotoreienaars uitgedaag om te help.
Die groep benodig brandstof en vragmotors om die projek suksesvol te maak.
Mense wat aan die projek, wil deelneem, kan me. Elizna Griesel skakel by 082 455 5636.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder
“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.





