Rata se koskaste is leeg en kan nie kos aan behoeftiges voorsien nie
Mense kan nie-bederfbare produkte skenk.
Rata, ’n welsynsorganisasie op Secunda, se telefoonlyne werk uiteindelik weer nadat hulle en ander welsynsorganisasies in die omgewing, maande lank met ’n nasionale telefoononderneming gesukkel het om dit reg te maak.
Die lyne is egter soms gekruis en hul telefoonnommer is 017 631 1620 en hul faksnommer is 017 631 1631.
Hulle het die publiek gevra om albei nommers te skakel as hulle sukkel om deur te kom.
Hul e-pos adres is Secunda@rata.org.za.
https://www.citizen.co.za/ridge-times/100794/locals-must-help-rata-with-food-and-clothing/
Rata het tans ’n groot behoefte aan kos.
“Ons wil vir mense kos op hul tafels kan sit dié Kersfees,” het me. Susan Bouwer, sekretaris van Rata, gesê.
As jy Rata wil ondersteun, kan jy kos gaan aflewer by hul kantoor of hulle skakel.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder
“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.



