Standerton Advertiser daag ondernemings uit
Die personeel het besluit om hul geskenk ter waarde van R100 elk, eerder vir ’n goeie doel aan te wend en die geld aan die boere op Aberdeen skenk.

Die Standerton Advertiser se jaareindfunksie is op 7 Desember gehou en oudergewoonte was daar verwag dat personeel geskenke moet koop en uitruil, maar vanjaar was dinge bietjie anders benader.
Die personeel het besluit om hul geskenk ter waarde van R100 elk, eerder vir ’n goeie doel aan te wend en die geld aan die boere op Aberdeen skenk.
Vele boere in die omgewing het reeds skenkings na dié droogtegeteisterde gebied geneem.
Hulle poog om op 21, 22 en 23 Desember weer ’n bydrae te maak.
Wil jy ook ’n verskil maak?
Vir meer inligting, skakel die Standerton Advertiser by 017 712 2204, me. Alida Lake by 084 486 2279 of me. Elizna Griesel by 082 455 5636.



