Elize Trueman van Standerton is ’n tuinier van formaat
"As jy 'n tuin wil hê, moet jy daagliks daarin wees.”
Met die blote oog is me. Elize Trueman se tuin gewis ‘n lushof, maar sy is vanweë haar perfeksionistiese aard, bewus van kleinere detail wat nie eksie-perfeksie is nie.
Dié voorsitter van die Standerton Tuinbouklub se rugoperasie het noodgedwonge daartoe gelei dat sy haar volle aandag nie aan die tuin kon gee nie.
“Dit was so frustrerend omdat ek ses weke op die naat van my rug moes lê.
“Maar ek is nou weer aan die gang.”
Elize, wat al ander inwoners se tuine onder hande geneem het, het haar deeglik bemagtig om raad en praktiese voorbeelde te gee van tuinuitleg waarvan die tuinontwerpkursus by Lindsay Gray School of Garden Design getuig.
“As jy ‘n tuin wil hê, moet jy daagliks daarin wees.
“Dan kan jy sien watter plante en blomme moontlik swaarkry.”
Lees die volledige berig in die Standerton Advertiser.



