Local newsNews
Kan jy vir Kansa se Toktokkie help?
Kansa se Toktokkie is siek en het dringend ’n “liefdadige dokter” nodig om hom te help.
SECUNDA – Kansa se Toktokkie is siek en het dringend ’n “liefdadige dokter” nodig om hom te help.
Met tyd het Toktokkie se oë gekraak en sy dop het begin afskeur.
Kansa benodig die hulp van iemand wat ’n kostuum kan reg maak en vir Toktokkie weer ’n vars en nuwe voorkoms vir volgende jaar kan gee.
Toktokkie het destyds van deur tot deur gegaan en geld vir Kansa ingesamel.
Vandag word Toktokkie vir opvoedkundige sessies by skole gebruik.
Kinders word bewus gemaak van kanker en word geleer hoe om dit te vermy en gesonder te leef.
As jy vir Toktokkie kan help, skakel me. Natasha Philpott by 079 404 4196.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



