Local newsNews

Marieta Pretorius tree af na 33 jaar (Volledige berig)

Die skool se boodskap het haar lojaliteit, liefde en behulpsaamheid onderstreep en haar ’n wonderlike aftrede toegewens

Me. Marieta Pretorius het na 33 jaar by Hoërskool Standerton (SHS) haar kantoorpligte vaarwel toegeroep.

Volgens die skool sal hulle vanaf 2018 sonder dié steunpilaar moet klaarkom wat diep spore by SHS getrap het.

Me. Pretorius het in 1970 by dieselfde skool gematrikuleer en vanaf 1984 in die administratiewe kantoor gewerk.

Sy het saam met vier skoolhoofde gewerk en was die persoonlike assistent van mnr. Hennie Pretorius sedert 2000 sowel as mnr. Pierre Marais sedert 2016.

Me. Pretorius was ook vir 18 jaar lank ’n inwoner van Huis Dagbreek.

Die skool se boodskap het haar lojaliteit, liefde en behulpsaamheid onderstreep en haar ’n wonderlike aftrede toegewens.

Facebook boodskappe het bogenoemde beaam:

Me. Jorina Buitendag: “‘Wow’ Marieta, jy verdien ’n welverdiende rus. Jip, ek onthou jy het altyd gehelp as ons verward na iets gesoek het!”

Mnr. Gerrit du Preez: “Geniet jou aftrede tannie Miet, jy verdien mooi pensioenjare.’n Eerbare vrou wat altyd haar medemens en kollegas eerste gestel het.”

Me. Frances Pretorius: “Sjoe, waar begin ek? Saam in SHS, mans ken mekaar van OTK, toe ons kinders, nou ons kleinkinders en nou is jy weg. Baie, baie dankie vir ál jou liefde deur die jare. Altyd met ’n glimlag. Lekker saam gelag ook saam gehuil en verskriklik lekker gesels wanneer ons mekaar in ’n winkel raakloop. Jy moet heerlik gaan rus en tyd met jou kleinkinders geniet. Mag die Vader jou ook in die tyd vorentoe vashou en seën met alles wat jy mag vra. Moenie ons vergeet nie.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button