Local newsNews

Ma kort nog R1 500 vir seun wat dood is in gevangenis se begrafnis

Ma soek steeds antwoorde na seun se dood in Bethal Gevangenis.

Me. Susan Deysel, ma van mnr. Jan Kruger wat op 7 November vermoedelik in Bethal Gevangenis vermoor is, voel beter noudat sy uiteindelik sy roudiens kon hou, maar sy soek steeds antwoorde oor sy dood.

Mnr. Kruger is dood in sy sel aangetref wat hy met nege ander gevangenes gedeel het.

Me. Tshidi Mapole, provinsiale woordvoerder van Korrektiewe Dienste, het gesê die department weet nie wat die oorsaak van mnr. Kruger se dood is nie omdat die nadoodse ondersoekverslag by die polisie is.

Konst. Thomas Mogadime, Bethal Polisie se woordvoerder, het gesê hulle wag nog vir die dokter om die nadoodse ondersoekverslag af te handel.

https://www.citizen.co.za/ridge-times/103590/man-vermoor-in-tronk/

Nie die Korrektiewe Dienste of die polisie kon tot dusver sê of mnr. Kruger wel vermoor is nie en die ander gevangenes waarmee hy ’n sel gedeel het, weet glo ook nie wat gebeur het nie.

’n Plaaslike begrafnisondernemer wat gereeld behoeftiges help en teen spesiale afslagpryse begrafnisse reël, het die begrafnis vir R6 000 gedoen.

Die gemeenskap het me. Deysel ondersteun, maar sy kort egter nog R1 500 om die begrafnisondernemer te betaal.

As jy haar wil ondersteun, skakel haar by 076 901 4430 of skakel past. Pieter Oberholzer, die begrafnisondernemer, by 082 783 9530.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button