Local newsNews

Davieshof-bejaarde se Kerswens word waar

Helpende Hand gee terug aan gemeenskap.

Me. Susan Coetzer (75) wat by Davieshof op Secunda woon, se Kerswens het Maandag, 18 Desember waar geword toe Solidariteit Helpende Hand se Secunda-tak vir haar nuwe skoene geneem het.

Me. Coetzer het as baba polio gehad en kon nooit sonder ’n ysterstut om haar linkerbeen loop nie.

Sy moet dus spesiale skoene dra wat aangepas is om by die ysterplaat in te haak.

Sy het net een paar skoene gehad en haar vriendin, me. Marie-Louise Verster, lid van Helpende Hand, het haar gevra wat sy graag vir Kersfees wou hê.

“Ek het niks anders nodig nie en het gedink nog ’n paar skoene sou goed wees,” het me. Coetzer gesê.

Me. Verster het Maandag namens Helpende Hand die skoene vir me. Coetzer geneem en sy was verheug.

Helpende Hand se projek, 30 Kerswense vir 30 Dae, het op 15 Desember ten einde geloop en mense kon in dié tyd iemand nomineer aan wie hulle graag ’n Kersgeskenk wou gee.

Me. Coetzer se skoene moes na dr. Pieter Botha geneem word sodat hy dit kon aanpas.

Sy het hom bedank vir die vorige keer wat hy ook haar skoene aangepas en verstel het.

Me. Coetzer het haar man, mnr. Fanie Coetzer, wat in 2015 dood is aan prostaatkanker, alleen versorg.

“Ek bewonder haar dat sy hom alleen versorg het tot die einde toe,” het me. Verster gesê.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder

“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button