Local newsNews

Ons Winkel-projek ploeg terug in gemeenskap

Altesaam 15 kinders kan gaan studeer.

Solidariteit Helpende Hand se Mpumalanga-streek het die afgelope jaar bewys dat tweedehandse goedere minderbevoorregte mense hoop kan gee.

Helpende Hand het sewe tweedehandse skenkingswinkels in Mpumalanga.

Dié winkels is op Bethal, Piet Retief, eMalahleni (Witbank), Secunda, Mbombela (Nelspruit), Middelburg en Bronkhorstspruit.

Dié winkels staan as Ons Winkel bekend en behalwe vir skenkings van klere en enige ander tweedehandse goedere wat verkoop word, kan behoeftige mense kwalifiseeer vir hulp nadat hulle deur ’n assesseringsproses is.

“Vir Helpende Hand is dit belangrik om nie net uit te deel nie, maar ons doen ’n volledige assessering om seker te maak daar waar ons hulp verleen, is werklik nood,” het me. Alisha de Lange, streeksorganiseerder van Solidariteit Helpende Hand in Mpumalanga, gesê.

Volgens haar dien die winkels as werkskepping vir die persoon wat die winkel bestuur en uit die wins van die verkope, stel Helpende Hand studiegeld beskikbaar vir kinders in die gemeenskap.

“Dié kinders sou andersins nie die geleentheid gehad het om te kon studeer nie.”

Helpende Hand kon vanjaar 15 kinders help met rentevrye studielenings met die geld wat deur die sewe Ons Winkels ingesamel is.

Dié studente studeer tans onder andere sielkundige, skoonheidsterapie, modeontwerp, onderwysers, elektriese ambag, rekenmeester, binnenshuise ontwerp en sendelwerk op die Logos Hope Skip.

Die Ons Winkel-projek spreek ook ander behoeftes aan en kospakkies is in Mpumalanga uitgedeel en 70 vroue wat in plakkerskampe woon, is met toiletware en handsakke bederf.

“Om te dink dit wat in jou kaste of huis is wat jy nie meer gebruik nie, kan omgesit word in ’n studiefonds vir ’n kind,” het me. De Lange gesê.

“Dit maak dat mense dan makliker wil weggee vir die winkel.

“Enigiets van klere, kombuisware, linne, meubels en speelgoed is welkom.”

Vir meer inligting, skakel me. De Lange by 082 923 1438.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder

“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button