Local newsNews

Bekende inwoner van Standerton oorlede

“Sy het daarin geglo om iets vir ander te doen.”

Me. Lientjie Alexander, bekende inwoner van Standerton, is op 24 Desember oorlede.

Ds. Gideon Coetzee het die laaste eerbewys aan haar op 30 Desember in die Gereformeerde Kerk behartig.

Na ’n beroerte op 1 Desember is sy in die siekeboeg van die Kosmos Aftree-oord opgeneem waar die personeel se versorging haar man, Eddie, bybly.

“Ek kan nie genoeg dankie sê vir wat hulle gedoen het nie.”

Me. Alexander se verbintenis met die koerantwese het so ver terug as 1946 dateer waar sy van die koerant se foto’s geneem en by haar studio by die destydse Daniel en Fourie ontwikkel het.

Sy sal veral as kranige fotograaf onthou word wat inwoners noop om haar eggenoot as hulle hom raakloop, daaraan te herinner dat Lientjie hulle troufoto’s geneem het.

Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button