Ma van vermoorde gevangene soek steeds antwoorde
Departement kan twee maande na dood steeds nie sê wat gebeur het nie.
Me. Susan Deysel, ma van mnr. Jan Kruger wat op 7 November vermoedelik in Bethal Gevangenis vermoor is, voel beter noudat sy uiteindelik sy roudiens kon hou, maar sy soek steeds antwoorde oor sy dood.
Twee maande na sy dood kan nie die polisie óf die korrektiewe dienste antwoorde verskaf nie.
Mnr. Kruger se roudiens is in Desember gehou nadat weldoeners geld bygedra het vir die verassing wat R6 000 gekos het.
Lees ook: Man vermoor in Bethal Gevangenis, bewaarders sê hy is verwurg
Daar is nog R1 100 uitstaande.
Mnr. Kruger is dood in sy sel aangetref wat hy met nege ander gevangenes gedeel het.
Lees die volledige artikel in die Ridge Times koerant op ons webtuiste hier.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder
“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.




