Gemeenskap se hulp gevra ná gesin van vier se huis brand
’n Gesin van vier se huis het vanoggend omstreeks 7.30vm in Koedoestraat op Bethal gebrand.

’n Gesin van vier se huis het vanoggend omstreeks 7.30vm in Koedoestraat op Bethal gebrand.
Mnr. Herman en me. Marlene Bezuidenhout en hul twee kinders het gereed gemaak vir die dag en van hulle was in die badkamer toe die brand begin het.
Hulle het ’n harde slag gehoor wat vermoedelik ’n elektriese kabel was wat aan die brand geslaan het, en toe rook geruik.
Hulle het uit die huis gehardloop.
Al hul foto’s, dokumente en boeke wat in die studeerkamer was, is in die brand vernietig.
Die brand het in die studeerkamer begin en dele van die gang en die voorportaal beskadig.
Die gesin het die brandweer geskakel wat binne 20 minute op die toneel was en die brand geblus het.
Die gesin kan nie tans in hul huis bly nie en die me. Marietjie Fourie, DA-raadslid, reël vir hulle ander verblyf.
Sy het die publiek gevra om die gesin te ondersteun met kos.
As jy wil help, skakel me. Fourie by 079 111 0000.




