90-jarige glo mishandel by Residentia Palmoord Ouetehuis
“As ons daar kom, was sy deurmekaar en het in Engels gesê ons moet haar nie slaan nie, sy sal nie weer haar bed natmaak nie,” het haar vriendin gesê.
Vriende van ’n 90-jarige vrou wat vir drie jaar in Residentia Palmoord Ouetehuis gebly het, het agterdogtig begin raak toe sy drasties agteruit begin gaan het.
“As ons daar kom, was sy deurmekaar en het in Engels gesê ons moet haar nie slaan nie, sy sal nie weer haar bed natmaak nie,” het haar vriendin gesê.
Sy vermoed hulle het die vrou geslaan omdat sy die eerste aand dat sy by haar vriendin geslaap het, nagmerries gekry en geskree het: “Moenie my slaan nie.”
Die koerant het die uitvoerende hoof van Residentia, mnr. Joe Duvenage, vir kommentaar gevra en hy het gesê: “Die welwees van ons inwoners is vir ons baie belangrik en daarom word klagtes in ’n baie ernstige lig gesien en word deeglik ondersoek.”
Lees die volledige artikel in die Ridge Times koerant op ons webtuiste hier.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder
“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.




