Helpende Hand skop nuwe jaar af
Die tak het tans ’n groot behoefte aan naaldwerkmasjiene wat hulle wil gebruik om vroue te leer en bemagtig om naaldwerk toe doen sodat hulle vir hulself ’n inkomste kan verdien.
Solidariteit Helpende Hand se Secunda-tak het Maandag, 15 Januarie vergader en ’n nuwe bestuur gekies.
Dié vroue beplan groot dinge vir 2018 en een van hul fokusareas is werkskepping.
“Ons wil graag mense in ’n posisie plaas om hulself te help,” het me. Alisha de Lange, streekorganiseerder vir Mpumalanga, gesê.
“Slegs dan kan die sirkel van armoede verbreek word.”
Die tak het tans ’n groot behoefte aan naaldwerkmasjiene wat hulle wil gebruik om vroue te leer en bemagtig om naaldwerk toe doen sodat hulle vir hulself ’n inkomste kan verdien.
Hulle het vroue wat naaldwerkmasjiene het en dit nie gebruik nie, aangemoedig om dit aan Helpende Hand te skenk.
Hulle het inwoners ook genooi om hul winkel, Ons Winkel, wat in Langstraat geleë is, te besoek.
Dit is ’n winkel wat tweedehandse ware verkoop en enige iets van klere tot meubels, kombuisware en speelgoed is daar beskikbaar.
Die wins wat by die winkel gemaak word, word aangewend om behoeftige studente te help om verder te studeer.
Die Mpumalanga-streek het vanjaar R800 000 ingesamel wat gebruik is vir behoeftige studente.
Vir meer inligting of as jy die winkel wil besoek of iets wil skenk, skakel me. Geraldine Stoffberg by 072 967 9991.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder
“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.



