Me. Hennie van Heerden groet Standerton
Met 'n naam soos Hendrik Johannes Philippus is die laatlammetjie toe opgesaal met oupa aan moederskant se familiename en sy moes dikwels die spit op skool afbyt vir jong seuns se aanmerkings.
Me. Hennie van Heerden het op 14 Desember na 40 jaar se beroepslewe by Langeveldt en Nel afgetree.
Dié boekhouer en kantoorbestuurder by die prokureursfirma het na Bethal verhuis vanweë haar eggenoot se verswakte gesondheid en om nader aan Trichardt se spesialisbehandeling te wees.
Met ‘n naam soos Hendrik Johannes Philippus is die laatlammetjie toe opgesaal met oupa aan moederskant se familiename en sy moes dikwels die spit op skool afbyt vir jong seuns se aanmerkings.
Haar destydse st. 6 jaar op Olifantshoek waar die dogters nog springjurke in lente, somer, herfs en winter gedra het, en eenkant van die seuns gesit het in die saal, het haar die teiken van kommentaar gemaak toe sy moes opstaan toe haar naam by ‘n toekenningsgeleentheid uitgeroep is.
“Ek was byna dood,” aldus me. Van Heerden.
Lees die volledige berig in vandeesweek se Standerton Advertiser.



