Swerfvalk van gewisse dood gered op Secunda
Valk se been is gebreek en hy sal vrygelaat word sodra die been genees het.
Me. Oosie Oosthuizen het Saterdag, 27 Januarie ’n swerfvalk gered nadat inwoners haar geskakel en ingelig het dat hy op die sypaadjie in Buhrmanstraat sit.
“Hy sou doodgegaan het as ons hom nie gaan haal het nie,” het me. Oosthuizen vertel.
https://www.citizen.co.za/ridge-times/98161/polisievrou-vang-graag-slange/
Sy vlerk is gebreek en me. Oosthuizen het me. Jenneth Geel, senior inspekteur van die Hoëveldrif DBV, se raad gevra oor hoe om die valk te hanteer en te behandel.
Dr. Bosch, veearts, het die valk ondersoek en me. Lynelle Truter, mede-eienaar van Bosch Pets, het hom ook behandel en gehuisves totdat me. Nadia Erasmus, voël- en slangkenner wat op ’n plaas buite Leandra woon, hom gaan haal het.
Hulle sou hom na die veearts neem om sy vlerk te spalk.
Die valk sal by me. Erasmus aansterk totdat hy gesond genoeg is om vrygelaat te word.
“Ek het al ’n paar valke en uile gered en versorg en hulle dan naby die plaas weer vrygelaat,” het sy gesê.
“Ek het twee van hulle al gesien terugkom om muise hier te kom vang.”
Me. Erasmus het verskeie diere- en slangspesies op die plaas.
Me. Oosthuizen het ook die naweek ’n waterskilpad ingeneem wat kinders in die veld opgetel en vir haar gebring het.
Sy het hom by ’n nabygeleë dam vrygelaat.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder
“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.



