’n Bakkie vou om ’n boom in Vrystraat op Standerton
Hulle ouma het in skok gesê: “My kleinkinders kon vandag dood gewees het.”.
Na ’n ongeluk tussen ’n bakkie en ’n nutsvoertuig by die kruising van Von Backström- en Vrystraat op 1 Februarie is vier mense, waaronder twee laerskoolkinders, na Standerton Hospitaal geneem.
Volgens ooggetuies het ’n blou voertuig in Von Backströmstraat aangery gekom, wat ryvoorang gehad het, omdat daar geen stopstraat is nie.
’n Bakkie het in die dwarsstraat, Vrystraat, afgekom en na bewering in die vrouebestuurder vasgery.
Lees ook hier: Ses mense in ongeluk in residensiële woongebied op Standerton
Blykbaar het die bakkie ’n paar keer in die rondte getol voordat dit teen ’n boom sowat 60m verder tot stilstand gekom het.
’n Paar sekondes voor dié impak het twee laerskoolkinders op die sypaadjie gestaan en wag vir hul saamrygeleentheid.
Hulle ouma het in skok gesê: “My kleinkinders kon vandag dood gewees het”.



