Braaiers sê mekaar die stryd aan
Die EHS se dorpsdirigente het op Saterdag, 27 Januarie ’n geldsinsamelingsfunksie by Kralinbergh aangebied.

Die EHS se dorpsdirigente het op Saterdag, 27 Januarie ’n geldsinsamelingsfunksie by Kralinbergh aangebied.
Dit was vir deelnemers en besoekers heerlik om ’n klomp ou, bekende gesigte by dié feestelike gemeenskapskuieraand, tussen die bome en liggies, te sien.
Die vyf braaimeesters, mnre. Antonie Cilliers, Paul Grey, Dale Groenewald, Terence Geoghegan, Johan Mielie Grobler en Chef Jakes Warricker, het 90 minute gehad om hul geregte voor te berei ten aanskoue van al die gaste wat dan ook so tussendeur ‘raad’ gegee het.
Die manne het senuwees van staal gehad en het 90 minute later hul geregte aan die beoordelaars oorhandig.
Na baie proe is mnr. Terrance Geoghegan, die slagter, as die braaikampioen aangewys met sy T-been en kreefgeregte.
Vriende het tot laataand om die tafels gekuier.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.



