Magriet neem leisels oor by Bethal se Silwerjare Tehuis vir Bejaardes
Me. Magriet Scholtz is die nuwe bestuurder by Silwerjare Ouetehuis.
Me. Magriet Scholtz is die nuwe bestuurder by Silwerjare Ouetehuis.
Sy het op 1 Desember die leisels by Silwerjare oorgeneem en sien uit na die nuwe uitdaging.
Me. Scholtz het op ’n plaas naby Fochville grootgeword en na skool gestudeer om ’n maatskaplike werker te word.
Sy het eers op Krugersdorp vir die Hervormde Kerk se ondersteuningsraad gewerk en later na Secunda verhuis waar sy vir die SAVF gewerk het by gesinsorg.
Me. Scholtz was die assistentbestuurder by die SAVF en het ook vir die N.G. Kerk se barmhartigheidsdiens gewerk.
Ná jare as maatskaplike werker het sy besluit om haar eie onderneming op Bethal te begin.
Lees haar volledige storie in die Echo koerant op ons webtuiste hier.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder
“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.



