Local newsNews
Koop ’n kolwyntjie vir Valentynsdag en help so geld in samel vir kankerpasiënte
ATKV-lede neem bestellings vir die kolwyntjies, of inwoners kan op 10 Februarie by die mall hartjiekolwyntjies by die ATKV se tafel gaan koop. Skakel me. Tracey van Wyk by 074 103 6381.

Die ATKV Kosmosrandtak, in samewerking met die Ridge Times, verkoop Saterdag, 10 Februarie kolwyntjies (cupcakes) in Secunda Mall vir Valentynsdag.
Die doel van dié projek, wat deel is van die ATKV se “Secunda Gee Om”-projekte, is om geld in te samel om kankerpasiënte wat op Secunda en in die omgewing bly, te ondersteun.
Die pasiënte en hul gesinne kry ondersteuning in die vorm van brandstof, kos, verblyf of enige ander behoeftes wat hulle het.
Die geld gaan ook aangewend word om drie pleeghuise wat die ATKV verlede jaar begin bystaan het, te ondersteun.
Dié pleeghuise is naby Secunda en het onderskeidelik ses, 20 en 30 kinders in hul sorg.
ATKV-lede neem bestellings vir die kolwyntjies, of inwoners kan op 10 Februarie by die mall hartjiekolwyntjies by die ATKV se tafel gaan koop.
Skakel me. Tracey van Wyk by 074 103 6381.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



