Local newsNews

Gideon Bührmann sterf na lang siekbed

Gideon Bührmann het groot gedink en groot gedoen.

Mnr. Gideon Bührmann, of oom Gideon soos hy bekendgestaan het, is Saterdag, 10 Februarie na ’n lang siekbed in die SAVF-huis oorlede.

Oom Gideon was ’n gebore Ermeloër en die tweedeoudste van ses kinders.

Hy was in Uitkoms Laerskool en het ’n gedeelte van sy hoërskoolloopbaan by EHS voltooi waarna hy na ’n Tegniese Kollege in Pretoria gegaan het.

Hy het hom in die argitektoniese rigting bekwaam en modelle volgens skaal gebou en die eerse persoon wat die stad Johannesburg volgens skaal gebou het.

Dié model is op skoue uitgestal.

Oom Gideon het met Lettie van der Westhuizen getrou en vier kinders is uit die huwelik gebore.

Hy was ook die oupa van 10 kleinkinders.

 

’n Begrafnisdiens sal Saterdag, 17 Februarie in die NG Moedergemeente deur sy broer, ds. Adriaan Bührmann, gelei word waarna hy om 4nm in die familiebegraafplaas op die plaas te ruste gelê sal word.

Lees die volledige artikel in die week se koerant.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitte

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button