Local newsNews

Marietjie Fourie, DA raadslid voed honger families uit haar groentetuin

Sy het borde opgesit wat lui: “Gemeenskapstuin. Honger? Vat vir jou.”

Me. Marietjie Fourie, DA raadslid, het drie maande gelede ’n projek begin waar sy groente op die sypaadjie buite haar erf of Bethal plant en sodoende honger families voed.

Sy het die idee vir dié projek op Facebook gesien toe ’n man van Randburg foto’s van sy groentetuin en sy storie gedeel het.

Me. Fourie het die saailinge drie maande gelede geplant en van die groente kan nou geoes word.

Dit is buite haar erf en enige iemand het toegang tot die groente.

Sy het borde opgesit wat lui: “Gemeenskapstuin. Honger? Vat vir jou.”

Me. Fourie het gesê sowat vier gesinne gaan haal gereeld groente.

Sy het groenrissies, tamaties, radyse, spinasie, rape, mielies en boontjies geplant.

Sy plant groente wat in seisoen is, maar het gesê sy sal nie weer radyse plant nie.

Me. Fourie neem ook groente na gesinne waar die oudste kind die huishouding lei en daar nie meer ouers is nie op eMzinoni.

Sy het plante geneem vir munisipale werkers wat by ’n skool op eMzinoni hul eie groentetuin begin het.

“Hulle het die inisiatief geneem en ’n groentetuin by die Lamlile Primary School begin.”

Die skool gebruik die groente uit dié tuin om die leerders kos te gee en me. Fourie aanvaar skenkings van saailinge of plantjies van die gemeenskap om dié werkers en skool te help om hul projek te bevorder en aan die gang te hou.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder

“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

Mnr. July Ngwenya en me. Marietjie Fourie in haar gemeenskapstuin. Mnr. Ngwenya is haar tuinier wat haar help met die tuin
Mnr. July Ngwenya en me. Marietjie Fourie in haar gemeenskapstuin. Mnr. Ngwenya is haar tuinier wat haar help met die tuin

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button