Local newsNews
Nico, jarelange boer op Standerton, sterf skielik
Die hospitaal het die oggend van 14 Februarie laat weet dat hy oorlede is.
Mnr. Nico von Wielligh (sr.) is skielik op die ouderdom van 56 jaar op Ermelo oorlede en ’n geregtelike, nadoodse ondersoek is onderweg.
Mnr. Von Wielligh is op 13 Februarie omstreeks 9nm van Standerton Hospitaal na Ermelo Hospitaal oorgeplaas.
Daar sou verdere toetse op hom gedoen word en hy was in die hoësorgeenheid.
Die hospitaal het die oggend van 14 Februarie laat weet dat hy oorlede is.
Die roudiens sal op 20 Februarie om 2nm by die NG Moedergemeente, Standerton plaasvind en die begrafnis om 10vm by die Hendrina-begraafplaas.
Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



