Ouma Anna Holmes van Leandra is op die ouderdom van 105 oorlede
Me. Anna Holmes wat op 20 Julie haar 105de verjaarsdag gevier het, is Maandag, 12 Februarie dood.
Me. Anna Holmes wat op 20 Julie haar 105de verjaarsdag gevier het, is Maandag, 12 Februarie dood.
Sy het vir jare by haar dogter en skoonseun, me. Dorothy en mnr. Johan Luwes, op Leandra gewoon, maar het kort voor haar dood na Silwerjare Ouetehuis op Bethal verhuis.
Volgens haar kleindogter, me. Michelle Stoop, het haar ouma heeltyd geslaap en sy is in die hospitaal opgeneem.
Sy was vanaf 1 Januarie tot 9 Februarie in Mediclinic Highveld en het net voor haar dood ’n hoë infeksietelling gehad.
Sy is op 11 Februarie weer in die hospitaal opgeneem en is op 12 Februarie in die hospitaal dood, vermoedelik weens ouderdom.
Me. Stoop het gesê sy sal haar ouma onthou as iemand wat baie spontaan en vol grappies was. Haar roudiens het op 15 Februarie vanuit die N.G. Kerk Eendracht-gemeente plaasgevind.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder
“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.



