Local newsNews

Secunda-ouer skiet bakkie se venster stukkend buite skool

Man was vermoedelik kwaad omdat ’n ander ouer voor sy ingang geparkeer het.

’n Ouer van ‘n plaaslike laerskool was geskok toe sy gistermiddag (21 Februarie) gesien het hoe ‘n man ‘n bakkie se venster stukkend skiet.

Volgens die ouer het sy omstreeks 4.30nm voor die skool in haar motor gesit en wag vir haar seun wat rugby geoefen het.

“Ek het een hengse slag gehoor en vriende wat by my gestaan het, het gevra wat was dit. Ek het kort daarna ‘n kraakgeluid gehoor en gesien die bakkie se venster is stukkend.

“Daar loop tydig en ontydig kinders verby, wat as dit ‘n kind getref het? As ek op die verkeerde tyd op die verkeerde plek was, kon die koeël my getref het, want my motor het reg oorkant die bakkie gestaan.”

Die ouer vermoed die man was kwaad omdat die bakkie by sy ingang geparkeer was.

“Die man het later doodluiters met sy kinders daar uitgestap asof niks gebeur het nie.

“Ons het die eienaar van die bakkie vertel wat gebeur het en hy het ’n hele ruk voor die man se huis gestaan en naderhand gery toe niemand uitkom nie.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Jana Oosthuizen

I have been working for the Ridge Times newspaper for 15 years. I worked in a few other fields before starting to work for the newspaper in October 2009. I have a diploma in Journalism and the areas where I cover news include Secunda, Bethal, Trichardt, Evander, Leandra and Kinross.

Related Articles

Back to top button