NewsSchools

Ligbron-krieketspan eindig derde in Mpumalanga

Ebrahim Timol was die uitblinker met die kolf met 31 lopies en die beste bouler was JP Austin met 2/20.

Ligbron Akademie vir Tegnologie het op Donderdag, 15 Februarie, met ’n derde plek weggestap in die Mpumalanga T20-krieketeindstryd.

Dié byeenkoms het in eMalahleni (Witbank) plaasgevind met Ligbron se eerste krieketspan wat teen Hoërskool Lydenburg en Cambridge Akademie meegeding het.

In die eerste wedstryd het Ligbron teen Cambridge Akademie te staan gekom en die wedstryd met 11 lopies verloor.

Lees ook:  Laerskool JJ van der Merwe atlete verower 107 medaljes in vriendskaplike atletiekbyeenkoms

Hulle het daarna teen Lydenburg gespeel, wat 2017 se T20- kampioene was, en met 88 lopies die knie gebuig.

Ebrahim Timol was die uitblinker met die kolf met 31 lopies en die beste bouler was JP Austin met 2/20.

Ligbron se krieketspan het R5 000 gewen wat deur die Mpumalanga Krieketunie geborg is.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button