Local newsNews

Ermelo Skou baie goed ondersteun

Groot en klein is betrek en die danskompetisies en toutrek verlede Vrydagaand het vir groot pret gesorg.

Die paviljoene van die Ermelo Skou het saans bankvas gesit soos die skougangers onder meer Jo Black, Karen Ferreira, Pieter Koen, Brendan Peyper, Tas en plaaslike kunstenaars ondersteun het.

Anders as die vorige paar jare, het die weer saamgespeel en die sonnige weer het daartoe bygedra dat die aktitiwiteite goed afgeloop het.

Groot en klein is betrek en die danskompetisies en toutrek verlede Vrydagaand het vir groot pret gesorg.

Die resies tussen die motors, perde, atlete, fiets- en motorfietsryers het die skougangers op hul voete gehad.

Perdeliefhebbers het die warm son getrotseer om die perdespring, ander perdeaktiwiteite en Mpumalanaga Western Mounted Games te kyk.

Die uitstallers het baie moeite gedoen om hul stalletjies so aantreklik as moontlik te maak.

Camden se Artillerie Skool het die buitestalletjie-prys gewen, Ermelo Totally Gas Saal 3 s’n, Saal 2 se wenner was Hannelien Taksidermie en Phillip de Ridder met sy klein potjiekosstalletjie was die wenner in Saal 1.

Daar was kosstalletjies te kiess en te keur en niemand het rede gehad om honger te wees nie.

Die pretpark het ook soos altyd gesorg vir groot vermaak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button