Bome wat gesnoei word, ontketen herrie in Paarlstraat, Standerton
Mnr. Jaco Taljaard, voorsitter van die AfriForumtak op Standerton, het die aantyging ontken en gesê dat hy nie in die besigheid van vernietiging van bome is nie.
’n Ongelukkige inwoner het sy misnoeë te kenne gegee met die burgerregte-organisasie AfriForum se snoei van bome.
Volgens hom, versnipper AfriForum die bome waarna so lank omgesien word.
Mnr. Jaco Taljaard, voorsitter van die AfriForumtak op Standerton, het die aantyging ontken en gesê dat hy nie in die besigheid van vernietiging van bome is nie.

Hy spits hom wel daarop toe om die gemeenskap met probleme by te staan.
AfriForum se boomsnyprojek het vlamgevat waar gebiede geïdentifiseer is met boomtakke wat kragonderbrekings veroorssak.
Die takke wat teen Woensdag, 7 Maart nog daar gelê het, sou deur ’n vrywilliger verwyder word, maar weens werksverpligtinge kon hy daar uitkom nie.
Mnr. Taljaard het gesê as dit teen Saterdag nie verwyder is nie, sal hy dit persoonlik gaan doen.
Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.



