Local newsNews

‘Hy was nie net my broer nie, hy was my buddy’

Volgens mnr. Dawie Strydom, Anton se broer, was albei motorfietsryers onderweg na Mosselbaai toe die ongeluk plaasgevind het.

Mnr. Anton Strydom is vroegoggend van 12 Maart omstreeks 5vm dood op die Secunda-pad nadat hy beheer oor sy motorfiets, net buite Standerton, verloor het.

Volgens mnr. Dawie Strydom, Anton se broer, was albei motorfietsryers onderweg na Mosselbaai toe die ongeluk plaasgevind het.

Anton het voor gery en sy broer het die ongeluk sien gebeur.

LEES OOK: Mans met brandwonde na hospitaal gehaas na hulle met kragkabels skok

Dawie het gesê dat hy gesien het hoe Anton van die motorfiets afgeval het, voor ‘n voertuig in.

Die motorfiets het ‘n ent verder tot stilstand gekom en Dawie het agter sy broer gestop.

“Ek kon sien hy is nie meer met ons nie,” het Dawie gesê.

By die brug op die Secunda-pad is daar plekke waar die teer uitgery is en knoppe in die pad veroorsaak.

Lees die volledige berig n vandeesweek se Standerton Advertiser.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button