Hoërskool Secunda maak skoonskip in Pukke-reeks met meeste van hul spanne wat hul wedstryde wen
Secunda vaar goed teen Florida en Hans Moore in Pukke-reeks
SECUNDA – Hoërskool Secunda het Woensdag, 7 Maart op hul tuisveld met Hoërskool Florida kragte gemeet in die NWU Pukke-reeks.
Secunda se 0/14-rugbyspan het met 19-60 verloor, die 0/15-span het ook in die stof gebyt met 12-29, die 0/16A-span het met 26-17 gewen, die 0/16B-span het met 39-0 gewen, die derdespan het met 14-12 gewen, die tweedespan het met 0-19 verloor en die eerstespan het met 26-21 gewen.
Secunda se seunshokkiespanne het al hul wedstryde gewen.
Die 0/14-span se telling was 7-0, die 0/15-span s’n was 9-0, die 0/16-span s’n was 2-0 en die eerstespan se telling was 4-0.
Secunda se dogtershokkiespanne het ook goed gevaar en hul wedstryde gewen en in een gelykop gespeel.
Die 0/16A-span het gelykop gespeel met ’n telling van 1-1, terwyl die 0/14A-span se telling 1-0 was, die 0/15A-span s’n was 2-0, die tweedespan s’n 6-0 en die eerstespan s’n 4-0.
Die netbalspanne het ook nie teleurgestel nie en al hul wedstryde gewen behalwe een, en die tweedespan het gelykop gespeel.
Die 0/14A-span se eindtelling was 21-5, die 0/14B-span s’n was 39-6, die 0/14C-span s’n was 13-1, die 0/15A-span s’n was 25-10, die 0/15B-span s’n was 24-9, die 0/15C-span s’n was 12-1, die 0/17A-span s’n was 20-9 en die eerstespan s’n was 25-22.
Die 0/16A-span het hul wedstyd met 11-25 verloor.
Hoërskool Secunda het Saterdag, 10 Maart tydens die NWU Pukke-reeks Wintersport op hul tuisveld teen Hoërskool Hans Moore gespeel en skoonskip gemaak.
Al Hoërskool Secunda se rugbyspanne het gewen.
Die 0/14A-span se telling was 29-12, die 0/15A-span s’n was 7-0, die 0/16A-span s’n was 10-8, die tweedespan s’n was 17-0 en die eerstespan s’n was 29-12.
Hoërskool Secunda se netbalspanne het ook al hul wedstryde gewen.
Die 0/14A-span se telling was 46-0, die 0/14B-span s’n was 60-0, die 0/15A-span s’n was 45-1, die 0/15B-span s’n was 25-14, die 0/16A-span s’n was 15-10, die 0/17A-span s’n was 24-8 en die eerstespan s’n was 29-21.
Die dogtershokkiespanne het ook al hul wedstryde gewen.
Die 0/14A-span se telling was 10-0, die 0/15A-span s’n was 4-0, die 0/16A-span s’n was 4-0, die tweedespan s’n was 5-0 en die eerstespan s’n was 4-0.



