Suretha hou vas aan geloofsoortuigings
Na ’n aktiewe bedieningsrol by Campus Crusade en die destydse Mes-bediening in Hillbrow, Johannesburg, vind die lirieke van Johannes Kerkorrel by haar inslag: “Gee jou hart vir Hillbrow.”
Suretha Minnaar van Standerton het nie ‘n slagoffermentaliteit nie, hoewel die daaglikse pyn met bekkenbreuke en verskuifde rugwerwels haar fisies en geestelik toets.
“Daar is nie ‘n ouderdomsbeperking op huil nie,” het sy gesê.
Haar terugkeer na die dorp het die herinneringe na die destydse belewenisse in die negentigerjare op die voorgrond geplaas.
Na ‘n aktiewe bedieningsrol by Campus Crusade en die destydse Mes-bediening in Hillbrow, Johannesburg, vind die lirieke van Johannes Kerkorrel by haar inslag: “Gee jou hart vir Hillbrow.”
Suretha het by eersgenoemde internasionale bedieningsgroep op studente by die Universiteit van Pretoria vir praktiese ervaring en Universiteit van die Vrystaat haar roeping uitgeleef.
Die verskil tussen die studentelewe by die twee universiteite het sy as ‘n kultuurskok beleef.
Sy het nege maande opleiding in jeug- en sendingwerk gehad en kon nie regtig met die studente identifiseer nie, wat die skuif na kinderbediening in Johannesburg met straatkinders vergemaklik het.
Lees die volledige berig in die Standerton Advertiser.



