Local newsNews

Hoëveldstreek VLU beloon beste vroue in streek tydens vergadering op Bethal

Maryna Hartman van Secunda VLU-tak teken meeste punte aan.

BETHAL – Die VLU Hoëveldstreek het Donderdag, 15 Maart hul algemene jaarvergadering en prysuitdeling by die Gereformeerde Kerk op Bethal gehou.

Tanya du Plooy en Ingrid Human het die vroue vermaak met hul sang.

Die VLU het ’n donasie aan me. Lettie Olivier se sopkombuis op Bethal oorhandig en daar was verskeie gelukkige trekkings.

Die VLU Hoëveldstreek bestaan uit Secunda, Bethal, Kinross, Vaalrivier, Balfour, Devon Kaalspruit en Grootvlei.

Lede van die VLU wil hê alle motoriste moet bedags met hul ligte aan ry omdat hulle glo dat dit die aantal ongelukke drasties sal laat verminder.

Devon VLU-tak is die tak wat die meeste punte (3 972) ingesamel het en Secunda-tak het die tweede meeste punte by konferensies ingesamel met 3 580.

Me. Maretha Middel het die Hoëveld Vrou van die Jaar-trofee gewen en me. Maryna Hartman van Secunda VLU-tak het weggestap met die trofee vir die vrou wat die meeste punte op konferensies aangeteken het.

Sy het 771 punte behaal.

Me. Maretha Middel en me. Marietjie Swart deel die trofee vir die vroue wat die meeste punte op kongresse aangeteken het.

Elkeen het 240 punte behaal.

Me. Swart het ook die trofee vir verdienstelikheid gewen.

Bethal VLU-tak het die trofee vir die tak met die beste jaarprogram gewen en Secunda VLU-tak die prys vir die beste gebak.

Die Kinross-, Secunda- en Betal-takke het uitgeblink in verskeie van die handvlytafdelings, asook in die hekelwerk, handbreiwerk en borduurwerkafdelings.

Me. Hartman het pryse gekry vir handbreiwerk (tweede en derde), hekelwerk (tweede), masjienwerk (eerste), blomme (tweede) en is die streeksartikelkompetisiewenner.

Me. Elaine Koch, van die Secunda VLU-tak, het twee eerste plekke in hekel gekry en me. Launa Jansen van Vuuren, ook van Secunda, het twee tweede plekke vir haar masjienwerk gekry en ’n derde plek vir haar skryfkuns.

Me. Miemie Roos van Secunda-tak het ’n tweede plek vir haar blomme gekry en me. Teresa de Wet van Secunda-tak het ook ’n tweede plek vir haar blomme gekry.

Me. Hannie van Niekerk van Kinross VLU-tak het ’n eerste plek in die handvlytafdeling behaal en me. Susan van der Merwe en me. Magda van Niekerk, ook van Kinross, het onderskeidelik tweede en derde plekke in die hanfvlytafdeling behaal.

Me. Thea Potgieter, van die Kinross-tak, het ’n derde plek in die streek behaal vir preservering en ’n tweede plek in gebak.

Me. Annetjie Fourie van die Bethal-tak het die afdeling in skryfkuns gewen en een van die afdelings vir blomme en me. Ilse Cronjé, ook van Bethal, het die blomme-afdeling gewen.

Me. Essie Fourie, ook van Bethal, het tweede geëindig in een van die ander blomme-afdelings.

Vroue het die oggend geniet en dit met ’n middagete afgesluit.

Lees ook: Secunda se VLU-lede skenk kos aan behoeftige gesinne

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button