EntertainmentLifestyleLocal newsNewsSchools

Ian Wessels beloof om vroue te laat skater

Skakel die skool om jou kaartjie te bespreek vir vroue-oggend Saterdag.

SECUNDA – Die radio-omroeper en komediant Ian Wessels is die spreker by Laerskool Secunda/Lynco se vroue-oggend wat Saterdag, 24 Maart by Graceland plaasvind.

Wessels beloof om die skare te laat lag en sy tema vir die oggend is “Laat jou breintuin blom”.

Die meeste menses sal Wessels onthou as die aanbieder van Loslip, RSG se gewilde inbelprogram.

Dieter Uken, plaaslike kunstenaar, gaan ook optree.

Daar is nog kaartjies beskikbaar en die oggend begin om 8.30vm. Kaartjies kos R150 per persoon is beskikbaar by Laerskool Secunda.

Vir meer inligting, skakel me. Lizelle van Zuydam by 017 634 7612.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button