NewsSchools

Liggie-atlete dring deur na Suid-Afrikaanse kampioenskap

Liggie-atlete deur na die SA-kampioenskappe.

Twee van Ligbron Akademie vir Tegnologie se atlete, Sias Jacobs en Martin Meyer, het onlangs aan die Mpumalanga Atletiekkampioenskap deelgeneem waar hulle na die Suid-Afrikaanse Kampioenskap deurgedring het.

Die provinsiale kragmeting het op 10 Maart op Secunda plaasgevind.

Martin Meyer het ’n vierde plek in die 300m- en 100m-hekkies behaal en sal in eersgenoemde by die nasionale kampioenskap meeding, terwyl Sias Jacobs ‘n derde plek in werpskyf en ’n eerste plek in gewigstoot met ‘n afstand van 15.3m behaal het.

Lees ook: Liggie-gholfspeler wen maandelikse beker

Sias Jacobs sal nasionaal wedywer in die gewigstoot-item.

Dié kampioenskap sal vanaf 21 tot 24 Maart in Potchefstroom plaasvind.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button