NewsSchools

Liggies en Hoërskool Bergsig meet kragte

Die Liggies se hokkiespanne het gemengde welslae behaal en die uitslae is:

Die rugby-, netbal- en hokkiespanne van Ligbron Akademie vir Tegnologie het op Saterdag, 17 Maart na Rustenburg gereis vir die derde ronde van vanjaar se Supperreeks wat by Hoërskool Bergsig plaasgevind het.

Ligbron se sportspanne het ten spyte van die weer steeds goeie prestasies gelewer met die rugbyspanne wat daarin geslaag het om al hul wedstryde oortuigend te wen.

Die rugby-uitslae is: 0/14A (32 – 0), 0/14B (24 – 0), 0/15A (48 – 13), 0/16A (21 – 5), tweedespan (53 – 0) en die Ligbron Calstar Group Eerstespan (50 – 3).

Die netbalspanne se uitslae is: 0/14A (3 – 27), 0/14B (5 – 22), 0/14C (3 – 30), 0/15A (4 – 31), 0/15B (4 – 18), 0/16A (13 – 33), 0/16B (13 – 9), tweedespan (13 – 24) en eerstespan (16 – 17).

Lees ook: Liggie-sportspanne lewer puik spel teen Wilgers

Die Liggies se hokkiespanne het gemengde welslae behaal en die uitslae is:

0/14-dogters wen 5 – 0, 0/14-seuns verloor 0 – 1, 0/15-dogters wen 2 – 1, 0/16-dogters verloor 1 – 3, 0/16-seuns verloor 0 – 3, tweedespan wen 6 – 0, eerstedogterspan wen 2 – 1 en die eersteseunsspan wen 4 – 0.

Die Liggies sal op Saterdag, 24 Maart na eMalahleni (Witbank) vertrek waar hulle teen Hoërskool Generaal Hertzog in die vierde ronde van die Superrreeks sal meeding.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button