Local newsNews

Afriforum se Secunda-tak skenk 1 ton hondekos aan Little Paws Big Hearts

Die sakke kos sal by Solly’s in voorraad bly en LPBH kan dan die kos soos benodig word, oplaai.

SECUNDA – Afriforum se plaaslike tak het Vrydag, 23 Maart meer as een ton hondekos aan Little Paws Big Hearts geskenk.

Dié burgerlike organisasie se plaaslike jeugtak het die ouer garde uitgedaag om te kyk watter groep die meeste donasies – hetsy dit in die vorm van kontant of hondepille is – kon insamel. Die jeugtak was een sak weg van die wennerstitel.

“Die kompetisie was net vir die pret om die insamelingsaksie op te vrolik,” het mnr. Harry van Niekerk, jeugvoorsitter, gesê.

Mnr. Andre Venter, adjunkvoorsitter van Afriforum Secunda, het Vrydag R6 720 by Solly’s Supermark inbetaal vir die aankoop van die hondekos. Die geld en die bykomende sakke wat ingesamel is, het 43 sakke van 25kg elk beloop.

Dié sakke kos sal by Solly’s in voorraad bly en LPBH kan dan die kos soos benodig word, oplaai.

Volgens mnr. Louis Kempen, stigter van LPBH, gebruik hulle sowat een ton kos per maand in die Holfonteinkamp.

Hulle versorg weekliks 180 honde.

Mnr. Hennie Bekker, distrikskoördineerder van Afriforum, het ander burgerlike niewinsgewende organisasies uitgedaag om soortgelyke donasies te maak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button