Local newsNews

May verlaat dorp en trek see se kant toe

“Ek het nooit ’n advertensie geplaas nie, net hier en daar vir ’n vriendin herstelwerk gedoen.”

Me. May Visagie, jarelange inwoner, met hande wat vir niks verkeerd staan nie, verlaat Standerton vir Richardsbaai.

“Ek wil graag weer tussen my mense wees,” het May gesê.

Sy en haar oorlede man het destyds vanaf Empangeni die Hoëveld hulle tuiste gemaak.

May is in 1993 met mnr. Gert Visagie getroud en moes hom, net soos in die geval van haar eerste man, aan kanker afstaan.

Sy het donkiejare in ‘n plaaslike drankwinkel gewerk en na aftrede, het ‘n nuwe stokperdjie spontaan ontwikkel.

“Die naaldwerk het net vanself gekom,” het sy gesê. “Ek het nooit ‘n advertensie geplaas nie, net hier en daar vir ‘n vriendin herstelwerk gedoen.”

May het ook nie vir ‘n skou teruggedeins nie en vir drie perde jasse gemaak, sowel as drie skape se jasse waarmee hulle in die skouring was.

 

Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button