NewsSchools

Ligbron en Genl. Hertzog meet kragte

Ligbron se sportspanne het goed gevaar tydens die vierde rondte van die Superreeks.

Ligbron Akademie vir Tegnologie se rugby-, netbal- en hokkiespanne het op Dinsdag, 27 Maart, in eMalahleni (Witbank) teen Hoërskool Genl. Hertzog te staan gekom in vanjaar se Superreeks.

Die Liggies het goeie prestasies opgelewer met die rugbyspanne wat al die wedstryde gewen het.

Die rugbyspanne se uitslae is: 0/14A (69 – 0), 0/15A (24 – 5), 0/16A (31 – 0), derdespan (31 – 15), tweedespan (24 – 7) en die Ligbron Calstar

Group Eerstespan (38 – 22).

Die volgende spelers het gesorg vir drieë: Sibusiso Sibeko (3), Tando Nkosi (1), Njabulo Mahlobo (1) en een strafdrie van sewe punte is aangeteken.

Lees ook: Ligbron matriekuitslae verbeter na afloop van hermerk

Leon du Preez het een doelskop aangeteken en Mark Niebuhr twee doelskope.

Die netbal het ook goeie uitslae opgelewer met slegs twee spanne wat hul wedstryde verloor het.

Hulle uitslae is: 014/A (12 – 17), 0/14B (6 – 18), 0/15A (13 – 11), 0/15B (10 – 10), 0/16A (20 – 16), 0/16B (17 – 6), tweedespan (16 – 10) en eerstespan (31 – 11).

Die eerstespan se doele is deur Liska Paul en Bianca Francis aangeteken.

Die hokkiespanne het gemengde welslae behaal.

Die spanne se uitslae is: D0/14 (6 – 1), S0/14 (2 – 5), D0/15 (1 – 1), D0/16 (4 – 0), S0/16 (1 – 1), tweedespan (0 – 0), eerstespan-dogters (4-1) met doele aangeteken deur Annika Jacobsz (2), Suné Mostert (1) en Marisca Stander (1) en eerstespan-seuns (0-2).

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button