NewsSchools

Hoërskool Secunda klop Hoërskool Bastion in NWU Pukreeks

Skole ding mee in wintersport voor skoolvakansie.

SECUNDA – Hoërskool Secunda het Dinsdag, 27 Maart op hul tuisveld met Hoërskool Bastion in die NWU Pukreeks meegeding.

Meeste van Secunda se rugbyspanne het hul wedstryde gewen.

Die eerstespan het Bastion met 41-29 geklop, terwyl die tweedespan met 12-19 verloor het.

Hoërskool Secunda se derdespan het met 29-0 gewen, die 0/16A-span met 51-21, die 0/15A-span met 10-5 en die 0/14A-span met 52-0.

Die 0/14B-span het met 17-25 verloor.

Lees ook: Hoërskool Secunda se spiesgooier bring goud huistoe

Hoërskool Secunda se netbalspanne het ook die meeste van hul wedstryde gewen.

Die eerstespan het Bastion met 41-20 geklop, die tweedespan het met 28-7 gewen, die 0/15A-span met 28-14, die 0/15B-span met 43-3, die 0/14A-span met 22-9 en die 0/14B-span met 22-9.

Albei Hoërskool Secunda se 0/16-spanne het hul wedstryde verloor. Die A-span met 16-22 en die B-span met 10-13.

Al Hoërskool Secunda se seuns- en dogtershokkiespanne het hul wedstryde gewen.

Die eerste seunshokkiespan het met 4-0 gewen en die 0/15-seunsspan met 6-0.

Die eerste dogterspan het met 3-0 gewen, die tweedespan met 5-0, die 0/16A-span met 1-0, die 0/15A-span met 7-0 en die 0/14A-span met 6-0.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button