Local newsNews

Lede van Teksa Blommeklub presteer by blommeskou in eMalahleni

Kub vergader weer in April en belangstellendes is welkom.

Lede van die Teksa Blommeklub het Donderdag, 22 Maart by Die Ark by die N.G. Kerk Oos-/Goedehoopgemeente bymekaar gekom en vergader.

Me. Sophie Hugo het vir lede gewys hoe om Aspedistra-blare te verander en vir rangskikkings te gebruik.

Sy en me. Magda Schwab het Vrydag, 23 Maart aan ’n miniskou wat deur die Witbank Blommeklub in eMalahleni (Witbank) deelgeneem en presteer.

Me. Sophie Hugo se voorbeeld van hoe sy een van die Aspedistra-blare verander het vir ’n rangskikking.

Me. Hugo het ’n eerste plek gekry in die afdeling waar deelnemers die minimum plantmateriaal moes gebruik om ’n maksimum impak te maak, en ’n tweede plek in die afdeling waar hulle rangskikkings met lyne moes maak.

Me. Schwab het ’n vierde plek in een van die afdelings gekry.

Teksa Blommeklub vergader weer op 19 April om 9vm by Die Ark en belangstellendes is welkom om dié vergadering by te woon.

Vir meer inligting, skakel me. Hugo by 083 701 9709.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button